Verkoopsontleding - Kwotasies per periode (Verslae-kieslys)
Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om jou kwotasies volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:
- Kwotasies per periode - Debiteurgroep 1 - Druk die kwotasies volgens debiteurgroep 1 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is.
- Kwotasies per periode - Debiteurgroep 2 - Druk die kwotasies volgens debiteurgroep 2 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is.
- Kwotasies per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die kwotasies volgens dokumentgoep 1 waaraan die kwotasies gekoppel is.
- Kwotasies per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die kwotasies volgens dokumentgoep 2 waaraan die kwotasies gekoppel is.
- Kwotasies per periode - Verkoopspersoon - Druk die kwotasies volgens die verkoopspersoon wat die kwotasies geprosesseer het.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde kwotasies in. Onbevestigde kwotasies is NIE in die verslag ingesluit nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Verkoopsontleding - Kwotasies per periode - Debiteurgroep 1 opsies
Om kwotasies per verslaggroep te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkoopsontleding → Kwotasies per periode.
- Die "Kwotasies per periode - Debiteurgroep 1" is die verstek verslag. Jy kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon").

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Verkoopsontleding - Kwotasies per periode - Debiteurgroep 1
'n Voorbeeld van die "Kwotasies per periode - Debiteurgroep 1" verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.
Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)

