Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om jou fakture volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:

  1. Fakture per periode - Debiteurgroep 1 - Druk die fakture volgens debiteurgroep 1 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is. 
  2. Fakture per periode - Debiteurgroep 2 - Druk die fakture volgens debiteurgroep 2 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is.
  3. Fakture per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die fakture volgens dokumentgoep 1 waaraan die fakture gekoppel is.    
  4. Fakture per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die fakture volgens dokumentgoep 2 waaraan die fakture gekoppel is.  
  5. Fakture per periode - Verkoopspersoon - Druk die fakture volgens die verkoopspersoon wat die fakture geprosesseer het.  

Hierdie verslag sluit slegs geposteerde fakture in. Ongeposteerde fakture is NIE in die verslag ingesluit nie.

Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Verkoopsontleding - Fakture per periode - Debiteurgroep 1 opsies

Om fakture per verslaggroep te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkoopsontleding → Fakture per periode.
  2. Die "Fakture per periode - Debiteurgroep 1" is die verstek verslag. Jy kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon"). 

  1. Kies die volgende:
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
    2. Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
    3. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
  1. Kliek Goed

Gedruk : Verkoopsontleding - Fakture per periode - Debiteurgroep 1 

'n Voorbeeld van die "Fakture per periode - Debiteurgroep 1" verslag, is soos volg:

Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.

Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)