Die volgende drie (3) verslae is vir voorraaditems beskikbaar: 

  1. Alle verkooppryse - Druk 'n lys van verkooppryse 1 / 2 / 3 asook die aantal items voorhande en die eenheid. Die wys detail opsie vertoon die Ekstra beskrywing, Vervaardiger, Bruto en netto gewig.
  2. Voorraaditemlys - Druk 'n lys van die voorraaditems en toon die aantal items voorhande en die aantal items in ongeposteerde dokumente, die eenheid en die totale waarde van die kospryse. Die wys detail opsie vertoon die Ekstra beskrywing, Vervaardiger, Bruto en netto gewig, Verkooppryse 1 / 2 / 3, Gemiddelde koste en eenheidskoste.  Verslaggroepe 1 en 2 asook die Voorkeurverskaffer 1 en 2. 
  3. Rekeningklasse - Rekeningklasse kan tot vyf (5) rekeninge bevat, wat op die Grootboek-oortjie van 'n voorraaditem (Voorraaditems op die Verstek-duimgids) gekoppel kan word. Om seker te maak dat jou rekeningklasse, korrek opgestel is en aan die korrekte Inset en Uitset BTW-rekeninge gekoppel is, kan jy 'n verslag vir jou Rekeningklasse druk.