Voorraaditemlys - Alle verkooppryse (Verslae-kieslys)
Alle verkoopspryse - Druk 'n lys van verkooppryse 1 / 2 / 3 asook die aantal items voorhande en die eenheid. Die wys detail opsie vertoon die Ekstra beskrywing, Vervaardiger, Bruto en netto gewig.
Voorraaditemlys - Alle verkooppryse opsies
Om voorraaditem lys vir verkooppryse te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Voorraaditemlys.
- Kies "Alle verkooppryse" (verstek opsie).

- Kies die volgende:
- Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s).
- Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".
- Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die verkooppryse vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie.
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Voorraaditemlys - Alle verkooppryse
'n Voorbeeld van die "Alle verkooppryse" verslag ("Wys Detail" nie gekies nie), is soos volg:
Gedruk : Voorraaditemlys - Alle verkooppryse - Detail
'n Voorbeeld van die "Alle verkooppryse" verslag ("Wys Detail" gekies), is soos volg:

