Alle transaksies wat in joernale en dokumente geprosesseer is en na die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal in transaksie-verslae gedruk word.

Die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag is basies dieselfde as die "Algemene grootboektransaksies - Standaard" verslag.  Die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag vertoon ekstra besonderhede, d.i. die Kontrarekeninge en BTW-rekeninge en beskrywings, byvoorbeeld 

"Kontrarekeninge D100003  Mnr. Roger Smith,T860010  Uitset BTW - 15%".   

Dit sal nie openingsbalanse vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon nie. Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word. 

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Algemene grootboek - Transaksies - Standaard opsies

Om Algemene grootboektransaksies - Standaard of Ekstra te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Grootboek → Transaksies
  2. Die "Transaksies" (verstek opsie) sal vertoon word. Kies "Algemene grootboek transaksies - Standaard" of "Algemene grootboek transaksies - Ekstra".

  1. Kies die volgende:
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
    2. Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 
    3. Volgorde - Kies "Rekening, Beskrywing, Verslaggroep 1" of "Verslaggroep 2".
    4. Sluit nulbalanse in - Indien dié opsie nie gemerk is nie, sal dit slegs die rekeninge met transaksies lys. Kies die opsie indien jy alle rekeninge wil lys. 

Dit sal nie openingsbalanse vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon nie. Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word. 

    1. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. 
    2. Kostesentrum 1 / 2 - Indien jy kostesentrums geaktiveer het, kan jy 'n kostesentrum kies. 
  1. Kliek Goed

Gedruk - Algemene grootboek - Transaksies - Standaard

'n Voorbeeld van die "Algemene grootboektransaksies - Standaard" verslag, is soos volg:


Gedruk : Algemene grootboek - Transaksies - Ekstra

'n Voorbeeld van die "Algemene grootboektransaksies - Ekstra" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:

  1. Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.

Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. 

  1. Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.  
  2. Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing. 
  3. Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening. 
    1. Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. Indien dit 'n balanserende transaksie in joernale is, sal die balanserende transaksie deur agt (8) asteriske (********) aangedui word.  In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees. 
    2. Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente. 
    3. Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
    4. Debiet - Transaksies met debiet bedrae.
    5. Bedrag - Transaksies met krediet bedrae. 
    6. Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies. 
  1. Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.