Algemene grootboektransaksies (Verslae-kieslys)
Alle transaksies wat in joernale en dokumente geprosesseer is en na die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal in transaksie-verslae gedruk word.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Algemene grootboek - Transaksies opsies
Om Algemene grootboek transaksies te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Grootboek → Transaksies.
- Kies "Transaksies" (verstek opsie).

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Rekening" of "Beskrywing".
- Sluit openingsbalanse in - Indien dié opsie nie gemerk is nie, )sal dit slegs die transaksies lys. Kies die opsie om die openingsbalanse in te sluit.
|
|
Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word. Dit sal nie vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon word nie. |
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Algemene grootboek - Transaksies
'n Voorbeeld van die "Algemene grootboek - Transaksies" verslag (slegs die eerste bladsy), is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:
- Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.
|
|
Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. |
- Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.
- Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing.
- Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening.
- Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. Indien dit 'n balanserende transaksie in joernale is, sal die balanserende transaksie deur agt (8) asteriske (********) aangedui word. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees.
|
|
As die "Sluit openingsbalanse in" gekies is, sal die openingsbalanse ingesluit word. Dit sal soos volg vertoon:
|
- Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente.
- Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
- Bedrag - Debiet- of kredietbedrag van die transaksie.
- Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies.
- Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.

