Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om jou aankope volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:

  1. Aankope per periode - Krediteurgroep 1 - Druk die aankope volgens krediteurgroep 1 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is. 
  2. Aankope per periode - Krediteurgroep 2 - Druk die aankope volgens krediteurgroep 2 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
  3. Aankope per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die aankope volgens dokumentgoep 1 waaraan die aankope gekoppel is.    
  4. Aankope per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die aankope volgens dokumentgoep 2 waaraan die aankope gekoppel is.  
  5. Aankope per periode - Verkoopspersoon - Druk die aankope volgens die verkoopspersoon wat die aankope geprosesseer het.  

Hierdie verslag sluit slegs geposteerde aankope in. Ongeposteerde aankope is NIE in die verslag ingesluit nie.

Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Aankoopontleding - Aankope per periode - Krediteurgroep 1 opsies

Om aankope per verslaggroep te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankoopontleding → Aankope per periode.
  2. Die "Aankope per periode - Krediteurgroep 1" is die verstek verslag. Jy kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon"). 

  1. Kies die volgende:
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
    2. Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
    3. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
  1. Kliek Goed

Gedruk : Aankoopontleding - Aankope per periode - Krediteurgroep 1

'n Voorbeeld van die "Aankope per periode - Krediteurgroep 1" verslag, is soos volg:

Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.

Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)