Aankoopontleding - Bestellings per periode (Verslae-kieslys)
Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om jou bestellings volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:
- Bestellings per periode - Krediteurgroep 1 - Druk die bestellings volgens krediteurgroep 1 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
- Bestellings per periode - Krediteurgroep 2 - Druk die bestellings volgens krediteurgroep 2 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
- Bestellings per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die bestellings volgens dokumentgoep 1 waaraan die bestellings gekoppel is.
- Bestellings per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die bestellings volgens dokumentgoep 2 waaraan die bestellings gekoppel is.
- Bestellings per periode - Verkoopspersoon - Druk die bestellings volgens die verkoopspersoon wat die bestellings geprosesseer het.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde bestellings in. Onbevestigde bestellings is NIE in die verslag ingesluit nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Aankoopontleding - Bestellings per periode - Krediteurgroep 1 opsies
Om bestellings per verslaggroep te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankoopontleding → Bestellings per periode.
- Die "Bestellings per periode - Krediteurgroep 1" is die verstek verslag. Jy kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon").

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Aankoopontleding - Bestellings per periode - Krediteurgroep 1
'n Voorbeeld van die "Bestellings per periode - Krediteurgroep 1" verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.
Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)

