Aankoopontleding - Verskafferretoere per periode (Verslae-kieslys)
Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om jou verskafferretoere volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:
- Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 1 - Druk die verskafferretoere volgens krediteurgroep 1 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
- Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 2 - Druk die verskafferretoere volgens krediteurgroep 2 waaraan die krediteure (verskaffers) gekoppel is.
- Verskafferretoere per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die verskafferretoere volgens dokumentgoep 1 waaraan die verskafferretoere gekoppel is.
- Verskafferretoere per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die verskafferretoere volgens dokumentgoep 2 waaraan die verskafferretoere gekoppel is.
- Verskafferretoere per periode - Verkoopspersoon - Druk die verskafferretoere volgens die verkoopspersoon wat die verskafferretoere geprosesseer het.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs geposteerde verskafferretoere in. Ongeposteerde verskafferretoere is NIE in die verslag ingesluit nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Aankoopontleding - Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 1 opsies
Om verskafferretoere per verslaggroep te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankoopontleding → Verskafferretoere per periode.
- Die "Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 1" is die verstek verslag. Jy kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon").

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Aankoopontleding - Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 1
'n Voorbeeld van die "Verskafferretoere per periode - Krediteurgroep 1" verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)

