Oopitem - Krediteure - Toewys en koppel transaksies in joernale
By verstek sal die "Oopitem seleksie"-skerm geloods word wanneer debiet-transaksies (bv. betalings op rekening wat aan krediteur (verskaffer) betaal is, en ander debiet-transaksies (bv. verskafferretoere, heffing bedrae, ens.), aan krediet-transaksies toegewys word.
Dit sal al die transaksies met uitstaande bedrae lys. Jy moet die spesifieke aankoop-dokument of transaksie kies waarvoor jy die betaling maak. Indien jy enige Oopitem krediteure het, sal 'n "Oopitem seleksie" skerm verskyn wat alle krediet-transaksies lys, asook die uitstaande saldo's van transaksies vir die krediteur (verskaffer) wat jy in die rekening-veld gekies het, indien hierdie krediteur (verskaffer) rekening word geskep as 'n Oopitem rekening.

|
|
Jy kan die "Nie oopitem joernaal"-veld (F10:Opstel - "Opsies vir hierdie joernaal" - Gevorderd-oortjie) kies om die oopitem-funksionaliteit in joernale te deaktiveer. |
Nadat die betalings in die Betalings-joernaal ingevoer is, sal die transaksies soos volg vertoon word:

|
|
Indien 'n transaksie vir 'n krediteur (verskaffer) in die betalings-joernaal aan 'n transaksie gekoppel is op die "Oopitem seleksie" skerm, sal die transaksie in 'n geel agtergrondkleur vertoon word. |
