Globale prosesse-kieslys
Die Globale prosesse-kieslys bevat drie (3) opsies.
|
|
Voordat jy enige een van dié opsies inisieer, word dit aanbeveel dat jy eers 'n rugsteun van jou huidige Stel Boeke uitvoer en absoluut seker is dat jy enige van hierdie funksies wil uitvoer. Hierdie opsies kan slegs omgekeer of gekanselleer word as jy die Stel Boeke vanaf jou rugsteun herstel. |
Toegang tot die Globale prosesse-kieslys:
- Op die Opstel-duimgids, kies Globale prosesse.

- Dié volgende drie (3) opsies is beskikbaar:
- Skoonmaak / Terugstel - Dié opsie sal alle transaksies en balanse in die aktiewe (oop Stel Boeke) uitwis (skoonmaak / skrap). Jy kan kies om alle dokumente ook te skrap of om alle dokumente as ongeposteer te behou.
- Kopieer van n Stel Boeke - Dié opsie sal die data van 'n geselekteerde Stel Boeke in die oop (aktiewe) Stel Boeke kopieer. Dit sal die hele databasis van die Stel Boeke vervang.
- Kanselleer geposteerde joernaal / dokument - Dit sal die transaksies in joernale en / of dokumente kanselleer en die transaksies van joernale en / of dokumente as ongeposteer stel.
- Kanselleer geposteerde joernaal - Alle transaksies wat in 'n geselekteerde joernaal (Joernale op die Verstek-duimgids) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel en alle totale opdateer.
Jy kan dié joernaal dan die joernaal in geheel skrap, spesifieke transaksies skrap, transaksies byvoeg, joernaal balanseer, transaksies in die joernaal lys en dit weer na die grootboek posteer, indien nodig.
- Kanselleer geposteerde dokument - Alle transaksies wat in 'n geselekteerde verkoopsdokumente (d.i. fakture en kredietnotas) of aankoopdokumente (d.i. aankope en verskafferretoere) (Dokumente op die Verstek-duimgids) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde dokument beskikbaar stel en alle totale opdateer. Jy kan dan die ongeposteerde dokument redigeer, indien nodig, en dit weer na die grootboek opdateer (posteer). Indien jy die ongeposteerde dokument nie na die grootboek opdateer (posteer) nie, kan jy die dokument in die Redigeer → Dokument (Verstek-duimgids) skrap.
