Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou rekeninge opstel. Rekeninggroepe laat jou toe om die rekeninge waaroor jy wil rapporteer te groepeer of te kategoriseer. Elke rekeninggroep moet aan 'n Finansiële kategorie gekoppel word om die opsies te struktureer om die finansiële verslae, te ontleed en te druk (d.w.s. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens.).

Rekeninggroepe kan ook aan finansiële kategorieë in Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) gekoppel word.

Om rekeninggroepe aan finansiële kategorieë te koppel: 

  1. Op die Opstel duimgids, kies Opstel → Finansiële kategorieë.  

  1. Kies 'n Finansiële kategorie (Bates, Kapitaal, Uitgawes, Inkomste of Laste).
  2. Kies 'n groep op die lys en kliek op die Byvoeg knoppie. 

Jy kan meer as een rekeninggroep kies om tot 'n finansiële kategorie te voeg. Om dit te doen, druk en hou die Ctrl of Shift sleutels in en gebruik jou muis om meer as een rekeninggroep te kies. 

  1. Herhaal die proses totdat jy geen meer rekeninggroepe in die lys vertoon word nie. 

Die vyf (5) Finansiële kategorieë waaraan Rekeninggroepe gekoppel moet word, is soos volg: 

  1. - Inkomste - Inkomste wat uit normale besigheids aktiwiteite geïn word (byvoorbeeld verkope, konsultasie dienste, ens.) sowel as ander inkomste ontvang (byvoorbeeld rente verdien, ens.).
  2. - Uitgawes - Uitgawes (kostes) wat vir normale besigheids aktiwiteite aangegaan word (byvoorbeeld, huur, skoonmaak, salarisse en lone, ens. 
  3. - Kapitaal - Die eienaarsbelang - Bydraes, beleggings, belang van eienaar(s). Die rekeninggroepe vir die kapitaal sal die tipe onderneming (byvoorbeeld Maatskappy, Beslote korporasie, Vennootskap of Alleen eienaar ("Sole Proprietorship"), bepaal word.
  4. - Bates - Vaste bates en Korttermyn bates (Bedryfsbates)
  5. - Laste - Langtermyn laste en Korttermyn laste (Bedryfslaste).

Byvoorbeeld, in die Bate finansiële kategorie, kliek op Vaste bates rekeninggroep, en kliek op die Byvoeg knoppie. Herhaal die proses totdat al jou rekeninggroepe aan die vyf (5) finansiële kategorieë bygevoeg is. 

  1. Sodra dié proses voltooi is, kliek op die Maak toe knoppie.

Om alle rekeninggroepe, wat reeds aan Finansiële kategorieë (Bates, Kapitaal, Uitgawes, Inkomste of Laste) toegedeel is, skoon te maak of terug te stel, kliek op die Terugstel knoppie. 'n Inligting-boodskap sal vertoon word.

"Dit sal jou data radikaal verander! Ons beveel aan dat jy nou kanselleer en eers 'n rugsteun skep! 
Wil jy voortgaan?"  

Jy sal dan weer van vooraf moet begin om die rekeninggroepe aan finansiële kategorieë toe te deel.