Redigeer rekeninge
|
|
Sigblad (sigblad) uitvoer ("Spreadsheet export")
Rekeninge kan uitgevoer word na die Excel Uitvoer / Invoer Sigblad funksie. |
Hierdie opsie word gebruik om algemene grootboekrekeninge by te voeg, te wysig of te skrap. Indien jy nie meer 'n rekening nodig het nie, maar dit nie kan of wil skrap nie, kan jy die grootboekrekening de-aktiveer (onaktief stel).
Om Rekeninge te iniseer:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge.

- Jy kan die volgende opsies benut om rekeninge en rekeninggroepe te filtreer of te soek:
|
Soek-/Filter opsies |
Beskrywing |
|
Sorteer: |
“Geen” (verstek opsie). Die rekeninge sal volgens rekeningkode gelys word. Jy kan die rekeninge ook volgens Verslaggroep 1, Verslaggroep 2 of Finansiële kategorieë lys. |
|
Rekening begin met: |
Filtreer rekeninge deur die eerste karakter van die rekeningkode in te sleutel. Byvoorbeeld, indien jy “2” insleutel, sal slegs die rekeninge wat met rekeningkode “2” begin (d.i. 200 tot 299) gelys word. Om die lys verder te filtreer, kan jy “21” insleutel om slegs dié rekeninge tussen 210 tot 219 te lys. |
|
Beskrywing: |
Filtreer rekeninge deur enige karakters in te sleutel. Slegs dié rekeninge wat enige van dié karakters bevat (rekeningbeskrywing/rekeningnaam), sal gelys word. Byvoorbeeld indien jy “B” ingesleutel het, sal alle rekeninge wat “b” bevat, gelys word. Indien jy “BANK” insleutel, sal slegs die rekeninge wat bank in die beskrywings-veld bevat, gelys word. |
|
Uitbrei na verfris: |
Indien jy dié veld kies, sal die volledige lys van rekeninge vertoon word, wanneer jy die Verfris opsie kies. |
Die ikone, is soos volg:
|
Rekeninggroep 1 |
Finansiële kategorieë |
|
|
|
In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:
|
Rekeninggroep 1 |
Rekeninggroep 2 |
|
|
|
Jy kan dan grootboekverslae (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Rekeninglys, ens.), in verskillende volgordes (d.i. Rekeninggroep 1 of Rekeninggroep 2) lys en druk.
Ikone vir rekeninge:
|
Ikoon |
Rekeningtipe |
In Verslag |
Beskrywing |
|
|
Inkomste / Uitgawe |
Inkomstestaat |
Inkomste – Uitgawes = Netto Wins / Verlies |
|
|
Bate / Las |
Balansstaat |
Wat jy besit = Bates Wat jy aan ander skuld = Laste |
|
|
Bank |
Balansstaat |
Bedryfsbates |
|
|
BTW |
Balansstaat |
Bedryfslaste (Uitset BTW – Inset BTW) |
|
|
Behoue inkomste |
Balansstaat |
Kapitaal (Wins / Verlies – Vorige jare) |
|
|
Debiteurekontrole |
Balansstaat |
Debiteurekontrole = Bedryfsbates |
|
|
Krediteurekontrole |
Balansstaat |
Krediteurekontrole = Bedryfslaste |
Prosesseer-ikone en konteks-kieslyste:
|
Rekeninggroepe |
|
Skrap – skrap (verwyder) 'n geselekteerde groep / rekening / sub-rekening. Skuif op – skuif 'n geselekteerde groep 1 plek na bo. Skuif af – skuif 'n geselekteerde groep 1 plek na onder. Skuif links – skuif 'n geselekteerde groep 1 plek na links. Byvoeg – skep 'n nuwe rekening / sub-rekening. Verfris – herlaai die items op die lys van rekeninge / groepe. Insak – verkort die uitgebreide lys van rekeninge / groepe. Uitbrei – vertoon die volledige lys van rekeninge / groepe. |
|
Veld |
Beskrywing |
|
Rekeningtipe: |
Kies die volgende opsies:
Dié rekeningtipe kan slegs vir 'n nuwe rekening gekies word. In die geval van bestaande rekeninge sal dié opsie onaktief wees. |
|
Rekeningnr. |
Die rekeningnommer bestaan uit twee (2) dele. Die eerste blok is vir die rekeningkode en die tweede blok is vir die sub-rekeningkode. |
|
Beskrywing: |
Die naam van die rekening wat op verskeie skerms, opsoeklyste, verslae, ens. vertoon word. |
|
Rekeninggroep1: |
Dit groepeer en struktureer die volgorde waarin rekeninge op skerms en verslae gelys word. |
|
Rekeninggroep2: |
Dit groepeer en struktureer die volgorde waarin rekeninge op skerms en verslae gelys word. |
|
Tipe: |
Balansstaatrekeninge – (d.i. Kapitaal, Laste en Bates) of Inkomstestaatrekeninge (d.i. Inkomste of Uitgawes).
|
|
Sub-rekeninge: |
Kies dié opsie om 'n hoofrekening te skep. Sodra dié opsie gekies is, moet jy op die Stoor knoppie kliek, alvorens jy sub-rekeninge vir dié hoofrekening kan skep. Jy sal egter nie toegelaat word om enige transaksies te posteer en / of om enige bedrae vir begrotings teen enige hoofrekening te prosesseer nie. Alle transaksies en begrotings word teen sub-rekeninge geprosesseer. Die totaal van die individuele sub-rekeninge word in die hoofrekeninge vertoon. Indien jy 'n hoofrekening wil skrap, moet jy eers alle sub-rekeninge skrap. |
|
Status: |
Alle rekeninge is by verstek aktief. Sodra enige transaksies na 'n rekening geposteer is, sal die aantal transaksies wat geposteer is, in die “Geposteer” veld vertoon word. Indien die waarde groter as 0 is, kan jy nie dié rekening skrap nie. Die skrap-opsie (ikone of in konteks-kieslyste) sal nie vertoon word nie. In dié gevalle waar jy nie dié rekening of sub-rekening kan skrap nie, kan jy dié rekening of sub-rekening as onaktief stel. Dit sal verhoed dat enige verdere transaksies teen dié rekening of sub-rekening geposteer kan word. |
|
Oopitem rekening: |
By verstek, is alle rekeninge op “Nee” gestel. Indien jy dié veld op “Ja” stel, kan jy kies om 'n ontvangstetransaksie (krediettransaksie) aan 'n debiettransaksie te koppel; of om 'n betalingstransaksie (debiettransaksie) aan 'n krediettransaksie te koppel, ens. te koppel. Rekeninge wat as oopitem rekeninge gestel is, se koppelings kan in die Oopitem koppel funksie op die Verstek-duimgids bestuur en geprosesseer word. |
|
Koppel BTW: |
Nie op Bank en BTW-rekeninge van toepassing nie. Dit word vir die Bankinvoer inprop-program gebruik om die BTW op die transaksies van ingevoerde bankstate aan BTW-rekeninge te koppel. |
|
Geposteer: |
Hierdie veld vertoon die aantal transaksies wat teen 'n geselekteerde rekening geposteer is. Indien die waarde groter as 0 is, kan jy nie dié rekening skrap nie. Die skrap-opsie (ikone of in konteks-kieslyste) sal vir dié rekeninge vertoon word nie. |
|
|
Indien die |
|
|
Die Stoor knoppie sal langs die “Beskrywing” veld vertoon word, indien 'n rekening geskep of 'n indien enige veld van 'n bestaande rekening gewysig word. Indien jy nie op die Stoor knoppie kliek nie, sal enige wysigings nie gestoor word nie. |













