Dokumente - Postering- en Skrap-knoppies
Die Postering en Skrap knoppies op die kant-balk word by verstek nie vertoon nie.
Om die Postering en Skrap knoppies op dié kant-balk te vertoon, moet jy die “Posteer dokumente” opsie op die Opstel → Toegangsbeheer – Dokumente-duimgids kies.
- Postering – direkte skakel na die Opdateer grootboek (F3-sleutel) (Verstek-duimgids)
- Skrap – direkte skakel na die Redigeer → Skrap - Dokumente (Verstek-duimgids)

As die Postering- en Skrap-knoppies nie beskikbaar is nie, kan jy:
Om dokumente te posteer, klik op die Opdateer grootboek (Verstek-duimgids) of druk die F3 sleutel.
Om dokumente te skrap, klik op die Redigeer → Dokumente (Verstek-duimgids).

Om die Postering- en Skrap-knoppies by die dokumente-lys skerm te voeg:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Toegangsbeheer.
- Kies die Dokumente-oortjie.
- Kies (merk) "Opdateer dokumente"-veld.

- Klik op die Pas toe-knoppie.
- Klik op die Maak toe-knoppie.
- Jy moet op Gereedskap → Sluit aktiewe vorms (Opstel-duimgids) klik of die Stel Boeke heropen. Die Postering- en Skrap-knoppies sal dan beskikbaar wees op die Dokument-rooster skerm.


Die Dokument-invoer skerm vir Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere, sal Postering vertoon.
Die Dokument-invoer skerm vir Kwotasies en Bestellings, sal Bevestiging vertoon.
|
|
As Kwotasies en Bestellings as die dokument-tipe gekies is, sal die byskrif van die Postering-knoppie na Bevestiging verander. As jy op die Bevestiging-knoppie klik, sal dit die Bevestig kwotasies en bestellings proses opsie op die Dokumente lys skerm se konteks-kieslys begin. |
