Die "Debiteurtransaksies" verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is. 

Bykomend tot die Transaksies verslag, is daar nog twee (2) ander verslae beskikbaar:

  • Debiteur transaksielys - Dié verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, ongeag van die oopitem prosessering koppelings.
  • Debiteur transaksielys - Oopitem - Dié verslag lys slegs die transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, wat uitstaande is of uitstaande bedrae het. Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening, as 'n oopitem rekening gestel is, (Debiteure - Rekeninginligting-oortjie op die Verstek-duimgids), sal slegs die transaksies gelys word, wat uitstaande is of gedeeltelik uitstaande bedrae het. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, kan in die Oopitem koppeling (Verstek-duimgids) geprosesseer word.

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Debiteur - Transaksies opsies

Om Transaksie verslae vir debiteure te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Transaksies
  2. Kies "Transaksies" (verstek opsie). 

  1. Kies die volgende opsies: 
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
    2. Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 
    3. Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
    4. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. 
    5. Kostesentrum 1 / 2 - Indien jy kostesentrums geaktiveer het, kan jy 'n kostesentrum kies. 
  1. Kliek Goed

Gedruk : Debiteur Transaksies opsies

'n Voorbeeld van die "Debiteurtransaksies" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:

  1. Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.

Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. 

  1. Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.  
  2. Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing. 
  3. Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening. 
    1. Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees. 
    2. Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente. 
    3. Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
    4. Debiet - Transaksies met debiet bedrae.
    5. Bedrag - Transaksies met krediet bedrae. 
    6. Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies. 
  1. Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.