Die "Debiteurtransaksies" verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is. 

Bykomend tot die Transaksies verslag, is daar nog twee (2) ander verslae beskikbaar:

  • Debiteur transaksielys - Dié verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, ongeag van die oopitem prosessering koppelings.
  • Debiteur transaksielys - Oopitem - Dié verslag lys slegs die transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, wat uitstaande is of uitstaande bedrae het. Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening, as 'n oopitem rekening gestel is, (Debiteure op die Verstek-duimgids - Rekeninginligting-oortjie), sal slegs die transaksies gelys word, wat uitstaande is of gedeeltelik uitstaande bedrae het. Enige krediet bedrae wat nie aan debiet transaksies gekoppel is nie, kan in die Oopitem koppel (Verstek-duimgids) geprosesseer word.

Dié transaksielys verslag sluit nie openingsbalanse in nie.  

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Debiteure - Transaksielys opsies

Om Transaksielys verslae vir debiteure te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Transaksies. Die "Transaksies" verslag is die verstek opsie. 
  2. Kies "Transaksielys" (verstek opsie). 

  1. Kies die volgende opsies: 
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
    2. Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 
    3. Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
    4. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. 
    5. Kostesentrum 1 / 2 - Indien jy kostesentrums geaktiveer het, kan jy 'n kostesentrum kies. 
  1. Kliek Goed

Gedruk : Debiteure - Transaksielys

'n Voorbeeld van die "Debiteure Transaksielys" verslag, is soos volg:

Gedruk : Debiteurtransaksies - Oopitem

Die "Debiteurtransaksies - Oopitem" verslag sal slegs die uitstaande bedrae en alle transaksies lys waarvoor krediet joernaaltransaksies of kredietnotas nie aan debiet joernaaltransaksies en -fakture gekoppel is nie.

Die krediettransaksies wat aan spesifieke debiettransaksies van dieselfde waarde gekoppel is, sal nie vertoon word nie. Indien 'n transaksie van 'n ander bedrag aan 'n spesifieke transaksie gekoppel is, sal slegs die uitstaande bedrag (verskil) gelys word.

Byvoorbeeld, 'n betaling van 2,000.00 word van die debiteur (kliënt / klant) ontvang op 2022/03/16. Die betaling is soos volg gekoppel: 

  • FAK001 - 2022/03/07 - 1,150.00 is ten volle vereffen (gekoppel aan die betaling van 2000.00) - 
  • Die oorblywende saldo van 850.00 is gekoppel aan INV003 as 'n gedeeltelike vereffening van FAK003. 'n Uitstaande bedrag van 300.00 sal op sommige verslae gedruk word. 

Hierdie bedrag word bereken as 1,150.00 minus die gedeeltelike vereffening van 850.00 = 300.00 as die uitstaande bedrag. Soos per hierdie voorbeeld - 

  • Faktuur FAK001 sal nie op sommige verslae gedruk word nie en in ander verslae sal dit 0.00 gedruk word as die uitstaande bedrag. 
  • FAK003 sal op sommige verslae druk as 300.00 as die uitstaande bedrag.

Kredietnota KN000001 op 2022/06/29 ten bedrae van 2,875.00 is aan faktuur FK000019 van 2022/06/27 ten bedrae van 2,875.00 gekoppel. Die uitstaande bedrag van 2,875.00 sal vir faktuur FK000019 vertoon word.

Indien die transaksie vir Kredietnota KN000001 nie aan Faktuur FK000019 gekoppel is nie, sal beide Kredietnota KN000001 en Faktuur IN000019 op die "Debiteurtransaksie - Oopitem" verslag sowel as die "Debiteurestaat - Uitstaande" gelys word.

Jy sal dalk die krediettransaksies op die Oopitem koppel (Verstek-duimgids) moet koppel.

Die krediettransaksies wat aan spesifieke debiettransaksies van dieselfde waarde gekoppel is, sal nie vertoon word nie. Indien 'n transaksie van 'n ander bedrag aan 'n spesifieke transaksie gekoppel is, sal slegs die uitstaande bedrag (verskil) gelys word.

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:

  1. Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.

Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. 

  1. Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.  
  2. Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing. 
  3. Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening. 
    1. Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees. 
    2. Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente. 
    3. Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
    4. Debiet - Transaksies met debiet bedrae.
    5. Bedrag - Transaksies met krediet bedrae. 
    6. Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies. 
  1. Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.