Debiteurelys (Verslae-kieslys)
Dié Debiteurelys sal die Rekeningkode, Naam, Posadres, Telefoon 1 / 2, Faks, en E-pos vir elke debiteur (kliënt / klant) druk.
Debiteurelys opsies
Om 'n lys van debiteure te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys. Die Kontakte verslag-opsies sal vertoon word.
- Kies "Lys".

- Kies die volgende:
- Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing.
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die debiteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Debiteurelys
'n Voorbeeld van die "Debiteurelys" verslag, is soos volg:
