Die "Kontaklys - Debiteure" verslag, sal die naam van die kontak, Telefoon 1 / 2 en die debiteure se debiteurkode en naam lys. Kontakte wat nie aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge gekoppel is nie, sal nie gelys word nie.

Debiteurelys - Kontakte opsies

Om 'n lys van kontakte vir debiteurrekeninge te druk:

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys. Die Kontakte verslag-opsies sal vertoon word:

 

  1. Kies die volgende: 
    1. Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
    2. Volgorde - Kies "Voornaam, Naam (Van), Debiteurkode of Beskrywing".
    3. Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die debiteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
  1. Kliek Goed

Gedruk : Kontaklys - Debiteure

'n Voorbeeld van die "Kontaklys - Debiteure" verslag, is soos volg: