Krediiteurelys - Detaillys (Verslae-kieslys)
Dié Krediteure - Detaillys sal die sal die detail soos die kontakbesonderhede, registrasienommers, bankbesonderhede, verslaggroepe dokument uitleglêers, Rekeningkundige inligting en terme, ens. vir elke krediteur (verskaffer) druk.
Krediteurelys - Detail opsies
Om 'n lys van krediteure te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.
- Kies "Detaillys".

- Kies die volgende:
- Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Krediteurkode, Beskrywing, Verslaggroep 1" of "Verslaggroep 2".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die krediteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk - Krediteurelys - Detail
'n Voorbeeld van die "Krediteure - Detail" verslag, is soos volg:

Die inligting op die verslag, is soos volg:
- Kontakbesonderhede - Kontakpersoon, Telefoon 1 / 2, Faks, E-pos, webtuiste, Posadres, Afleweringsadres asook die taal (taallêer) wat vir die krediteur (verskaffer) gekies is.
- Registrasienommers - Die Onderneming- en BTW-registrasienommer van die krediteur (verskaffer).
- Bankbesonderhede - Bankrekening tipe, Bank naam, Bankrekeningnommer en Takkode, Vervaldatum, Kaarttipe en Houer se naam.
- Verslaggroep 1 en Verslaggroep 2 - Die Krediteurgroep waaraan die krediteur (verskaffer) gekoppel is.
- Uitleglêers - Uitleglêer 1 (Aankope), Uitleglêer 2 (Verskafferretoere) en Uitleglêer 3 (Bestellings). Indien geen uitleglêers gekies is nie, sal die Uitleglêers wat vir elke dokumenttipe globaal vir die Stel Boeke (Opstel dokumente op die Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk.
- Rekeningkundige inligting en terme - Betalingsadviesboodskap, Kredietlimiet, Dae verskuldig (betalings terme). Dit toon ook of dit 'n oopitem rekening is en of die rekening aktief is, of nie.