Regs-kliek om die volgende konteks-kieslys te vertoon:

Konteks-kieslys - Die volgende opsies is beskikbaar:

  1. Reports” (Verslae) - Jy kan kies om die etiket vir die geselekteerde krediteur (verskaffer) se posadres of afleweringsadres te druk.
  2. Krediteurgroep 1 - Alle krediteurgroepe wat jy vir Krediteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy kreiteurgroep1 per abuis nie aan 'n krediteur (verskaffer) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke krediteur (verskaffer) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies.
  3. Krediteurgroep 2 - Alle krediteurgroepe wat jy vir Krediteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy krediteurgroep2 per abuis nie aan 'n krediteur (verskaffer) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke krediteur (verskaffer) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.
  4. Copy account” (Kopieer rekening - Skep 'n kopie van 'n geselekteerde krediteur (verskaffer) rekening. Alle inligting sal behoue bly en kan geredigeer word waar nodig. Geen dokumente of transaksie inligting sal gekopieer word nie.