Krediteure - Konteks-kieslys - Stel Krediteurgroep 1 / 2
Krediteurgroep 1 - Alle krediteurgroepe wat jy vir Krediteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy krediteurgroep1 per abuis nie aan 'n krediteur (verskaffer) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke krediteur (verskaffer) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies.
Krediteurgroep 2 - Alle krediteurgroepe wat jy vir Krediteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy krediteurgroep1 per abuis nie aan 'n krediteur (verskaffer) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke krediteur (verskaffer) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.
Om Krediteurgroep 1 / 2 te wysig:
- Op Krediteure (Verstek-duimgids), kies die krediteur (verskaffer) rekening of rekeninge.
|
|
As jy veelvuldige krediteur (verskaffer) se rekeninge wil kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en klik op elke krediteur (verskaffer) se rekening, waarvoor jy die krediteurgroep moet verander. |
- Regs-kliek en kies "Krediteurgroep 1" of "Krediteurgroep 2" op die konteks-kieslys
- Kies "Leeg" of enige groep wat gelys word. Die gewysigde "Krediteurgroep 1" of "Krediteurgroep 2" sal op verskeie skerms en in verslae gereflekteer word.

