Kalender - Skep / Redigeer afsprake
Daar is tien (10) hoofkategorieë van gebeurtenisse wat jy in die kalender kan bestuur (byvoeg, wysig, uitvee of verander datums van gebeurtenisse). Hierdie is:
- Afspraak (algemeen - d.w.s. met bankbestuurder, middagetes, ens.)
- Herhalende fakture - skeduleer wanneer jy herhalende fakture moet kopieer / verwerk.
- Debiteure-afspraak - skeduleer tot ses (6) kategorieë van afsprake met debiteure (kliënte / klante). Jy kan ook fakture vir hierdie debiteure-afsprake skep.
- Krediteure-afspraak - skeduleer afsprake met krediteure (verskaffers).
- Ure - skeduleer die ure (tyd) om debiteure (kliënte / klante) te faktureer. Sodra die ure geskeduleer is, kan jy kwotasies vir die ure genereer. Sodra hierdie kwotasies gegenereer is, kan jy dit wysig (indien nodig) en dit omskakel na fakture.
|
|
Kleurkodering maak dit ook makliker om die kategorie van die gebeurtenis te identifiseer wanneer dit in die Kalender vertoon word. |
Om gebeurtenisse of afsprake by te voeg (skep):
- Kies 'n geskikte tyd op die dag-tyd-aansig van die agenda en regs-kliek. Die volgende konteks-kieslys word vertoon:

- Voeg afspraak by... - Voeg by / skep 'n nuwe gebeurtenis.
- Redigeer afspraak... - Wysig 'n geselekteerde gebeurtenis.
- Skrap afspraak... - Skrap (verwyder) 'n geselekteerde gebeurtenis uit.
- Skep Fakture - Skep 'n faktuur vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening.
- Kwotasie ("Quote") - Skep 'n kwotasie vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening.
|
|
Change to Agenda - mag ook op dié konteks-kieslys verskyn. Multi-User calendar (agenda) - Manual - Shop - Once-off license - Eenmalige lisensie Multi-gebruiker kalender (agenda) - Hierdie inprop voeg die multi-gebruiker agenda (veelvuldige agendas) by die Kalender (Beplanner). Jy kan agendas byvoeg en dit as verstek koppel aan die huidige gebruiker. Vir elke agenda sal 'n oortjie in die agenda Kalender verskyn sodat jy kan sien wat die afsprake, ens. op ander agendas is. Jy kan 'n agenda vir elke werknemer, verkoopspersoon, gebruiker, ens. hê en fakture direk vanaf sy/haar agenda skep met 'n eenvoudige klik. Elke agenda het sy eie kalender en taaklys. |
- Om 'n nuwe afspraak of gebeurtenis te skeduleer, kies die Voeg afspraak by... opsie. Die "Ongetiteld - Afspraak" skerm word vertoon:

- Sleutel die Onderwerp vir die afspraak in.
- Kies die kategorie vir die tipe afspraak (d.i. Afspraak, Wederkerende fakture, Debiteurafspraak (6 kategorieë) of Krediteurafspraak).
- Kies die begin- en eindtyd vir die afspraak.
|
|
Indien jy die "Heel dag afspraak" opsie kies, kan jy nie die begin- en eindtyd kies nie. |
- Kies die "Afspraak herhaling" indien die afspraak moet herhaal. Die opsies is ("Geen" (verstek), "Daagliks, Weekliks, Maandeliks per dag, Maandeliks per datum, Jaarliks per dag, Jaarliks per datum" of "Pasmaak").
|
|
Indien "Pasmaak" gekies word, kan jy die aantal dae vir die interval spesifiseer. |
|
|
Indien die "Afspraak herhaling" tot 'n ander waarde as "Geen" gestel word, sal die afspraak tot en met 'n jaar geskeduleer word. |
- Kies die "Aanmaning" opsie, indien jy aan die afspraak herinner wil word.
|
|
Dit sal jou volgens jou keuses betyds herinner wanneer die afspraak of taak aandag nodig het. |
- Sleutel enige ander notas vir die afspraak in. Dit sal vertoon word in die Aanmaning vertoon word.
|
|
Dié addisionele notas of inligting sal ook op die Afspraak-oortjies van Debiteure en Krediteure se rekeninge vertoon word. |
- Kliek Goed om die afspraak te stoor.

