Begroting - Begroting-oortjie (Verslae-duimgids)
Om begrotingsyfers te prosesseer:
- Op die Verslae-duimgids, kies “Budgets”.
- Periode - Kies die periode “Jaar” (d.i. “2022/03/01” tot “2023/02/28" in hierdie voorbeeld) om die begroting vir 'n spesifieke jaar, in te voer.

- Kliek die Verfris knoppie. Al jou Grootboek rekeninge in die “Tabel van rekeninge” wat in die Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) bestaan, geskep of geredigeer is, sal volgens rekeningkode, gelys word.
|
|
Indien daar begrotingsyfers in die geselekteerde periode verwerk is, sal slegs die begrotingsyfers ook gelys word. |
|
|
Indien jy reeds ‘n bestaande begroting in die vorige finansiële jaar het, kan jy dit “Kopieer” - “Vanaf Begroting Vorige Jaar” opsie. Indien jy reeds transaksies in die vorige finansiële jaar geposteer het, kan jy die transaksie totale van 'n vorige finansiële jaar, “Kopieer” - “Vanaf Werklik Vorige Jaar” opsie. |

- Verwysing – Die verstek verwysing is, “BUDG”. Jy kan jou eie verwysing (van tot en met 15-karakters) insleutel.
|
|
Opsies
"Delete data for this period?" Indien jy Ja kliek, sal die begrotingsyfers vir die geselekteerde periodes of datums geskrap word.
" Add amount to selection? Kliek op Ja om die bedrag of persentasie te verander. Die waarde (bedrag of persentasie) sal enige bestaande waardes vermeerder of verminder. |
|
|
Indien jy 'n bedrag invoer of oortik (, bv. wysiging van een of meer syfers) kan 'n fout-boodskap produseer, byvoorbeeld; '-13,000.00' is not a valid floating point value for field '2022/06/01 - 2022/06/30' |
- Beskrywing – Die verstek beskrywing is “Auto budget”. Jy kan jou eie beskrywing (van tot en met 35-karakters) insleutel.
- Kies die eerste rekening, d.i. “Verkope” en sleutel die begrotingsyfer, maandelikse bedrag, d.i. –10,000 in die bedrag veld (voor die Pas op seleksie toe-knoppie) in.
|
|
Die " - " (minus teken), bygevoeg voor die bedrag, dui 'n krediet-begrotingsbedrag aan. Vir 'n debiet-begrotingsbedrag, voeg die bedrag by sonder die " - " (minus teken). |
- Kies die periodes (maande) waarvoor jy die begrotingsyfers moet byvoeg.
|
|
Om veelvuldige periodes (maande) te kies, druk die "Shift"-sleutel op jou sleutelbord en klik op die periodes om die maande te kies. |
- Kliek op die Pas op seleksie toe-knoppie. ‘n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
“Add amount to selection?”
- Kliek Ja om die begrotingsyfers met die nuwe waardes vir die geselekteerde periodes te vervang
- Herhaal die proses vir al die rekeninge waarvoor jy begrotingsyfers wil prosesseer. Nadat al dié begrotingsyfers vir (in hierdie voorbeeld) ingesleutel, is behoort, die Begroting soos volg te vertoon:

|
|
Moenie enige begrotingsyfers vir die hoof-rekeninge invoer nie. In hierdie voorbeeld is Begrotingsyfers nie vir die Hoof-rekening “Voertuiguitgawes” ingevoer nie, maar vir elke sub-rekening. |
- Nadat jy klaar is met die verwerking van jou begrotingsyfers, kan jy op die Transaksiedetail-oortjie of "Pivot" (Draai-tabel)-oortjie klik en die gegenereerde begrotingsyfers verken.



