Insleutel van begroting vir spesiale gebeurtenisse 

Op 1 Mei 2022 begroot ons vir ekstra inkomste van 5 000.00 vir 'n uitverkoping en spesiale promosie. Jy kan ook begrotings vir spesifieke datums of periodes insleutel.

Om begroting vir spesiale gebeurtenisse in te sleutel: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies “Budgets”.

  1. Periode - Kies die periode “Jaar” (d.i. “2022/03/01” tot “2023/02/28") om die begroting vir 'n spesifieke jaar, te lys.
  2. Kliek die Verfris knoppie. Al jou Grootboek rekeninge in die “Tabel van rekeninge” wat in die Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) bestaan, geskep of geredigeer is, sal volgens rekeningkode, gelys word.
  3. Kies die “Verkope” rekening en die maand “2022/05/01” vir Mei 2022. 
  4. Verwysing – Die verwysing wat voorheen ingesleutel is, sal vertoon word , byvoorbeeld “BEG”. Sleutel nou “UITVER
  5. Beskrywing – Die beskrywing wat voorheen ingesleutel is, is “Begroting 2022/2023”.  Sleutel “Begroting Mei 2022 Uitverkoping” in.
  6. Sleutel slegs die addisionele bedrag waarmee jy die Mei 2022 begroting-syfer, wil verhoog, in. Om die bestaande bestaande maandelikse bedrag, d.i. –10,000 in die bedrag kolom na 
  7. –15000 te verhoog, sleutel slegs –5000 (voor die Pas op seleksie toe knoppie) in.

Die “-“ (minus teken) dui ‘n krediet aan. Vir ‘n debiet bedrag, moet slegs die bedrag sonder die “-“ (minus teken) ingesleutel word. 

In die geval van verkope van handelsvoorraaditems, van toepassing is, moet jy dalk die "Koste van verkope"-rekening se begroting-syfers ook wysig.

  1. Kliek op die Pas op seleksie toe knoppie. ‘n Bevestiging-boodskap sal vertoon word:

“Add amount to selection?”

  1. Kliek Ja om die begroting-syfers met die nuwe waardes na –15000 in Mei 2022 te verhoog.