Skep Bankrekeninge
Jy sal dié opsie gebruik wanneer jy ‘n nuwe bankrekening wil skep, ‘n bestaande bankrekening wil wysig, of ‘n bestaande bankrekening wil skrap. Indien daar reeds transaksies teen 'n bankrekening geposteer is, kan jy dié bankrekening se status as onaktief stel om te voorkom dat verdere transaksies teen dié rekening geposteer word.
Indien jy graag ‘n ander bankrekening wil skep, moet jy in gedagte hou dat jy in jou beplanningsproses van jou stel rekeninge, rekeninge van ‘n soortgelyke aard saam groepeer.
|
|
Bankrekeninge moet aan ‘n unieke Betalings- en Ontvangstejoernaal gekoppel word. Jy kan 'n nuwe betalings- en onvangste-joernaal op die Bank-oortjie skep wanneer jy 'n nuwe bankrekening skep. Jy kan die joernaaltipe beskrywings wysig in Opstel → Joernaaltipes (Opstel-duimgids). |
Om 'n nuwe bankrekening te skep:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge.
- Kies die laaste Bankrekening (d.i. “B820000 - Kleinkas”) (Vaste bates – Verslaggroep) en kliek die
Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die
Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “B821000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon.

- Sleutel in en / of kies die volgende:
- Rekeningtipe - Kies “Bankrekening”
- Rekeningnr. - Die hoofrekening “821” word vertoon.. Tik “830” as die nuwe hoofrekening in.
- Beskrywing - Vervang “Rekening naam” met die nuwe bankrekening naam, byvoorbeeld. “XYZ-Bank”.
- Rekeninggroep 1 -Kies “Bedryfsbates” Rekeninggroep.
- Rekeninggroep 2 - Kies Rekeninggroep 2, indien beskikbaar.
- Rekeningtipe - Kies “Balansstaat”, aangesien Bankrekeinge in die Balansstaat vertoon.
- Sub-rekeninge - Hierdie veld moet nie gekies word nie, aangesien bankrekeninge nie sub-rekeninge het nie.
|
|
As jy hierdie veld kies (merk), sal die Bank-oortjie nie vertoon word nie. Jy sal nie toegelaat word om die bankrekening aan sy eie ontvangste- en betalings-joernaal te koppel nie. |
- Status - “Aktief” (verstek) behoort gemerk te wees.
- Oopitem rekening - “Nee” (verstek) behoort gemerk te wees.
- Kliek op die Bank-oortjie.

- Tik die unieke naam vir die betalings- en ontvangste-joernale in, byvoorbeeld, "XYZ-Betalings" en die "XYZ-Ontvangstes". Dit sal outomaties die joernale byvoeg (skep) wat geredigeer kan word in Opstel → Joernaaltipes (Opstel-duimgids).
|
|
As jy enige bestaande betalings- en/of ontvangste-joernaal kies, sal 'n fout-boodskap vertoon word. "Joernaal is aan 'n ander bank gekoppel. Voer asseblief 'n unieke naam in." Klik op die Goed-knoppie en voer 'n nuwe naam vir die betalings- en ontvangste-joernaal in. |
|
|
Bank import plugin - Is ingesluit by die osFinancials5 Subskripsie - Bank Reconciliations Plugin Manual - BankImport Plugin Manual - As die "Verstek bankrekonsiliasie metode" opsie nie gekies is nie (merk verwyder) op die Opstel → Dataparameters (Opstel-duimgids); die betalings- en ontvangste-joernaal velde sal gekombineer word. Jy kan dan óf die Betalingsjoernaal óf die Ontvangstejoernaal kies.
|
|
|
Sodra enige transaksies vir 'n bankrekening geposteer (na die grootboek opgedateer) is; kan jy nie die betalings- of ontvanstejoernale verander nie. |
- Kliek op die Stoor-knoppie.
|
|
Die ikoon sal van |



