Alle Stelle Boeke wat jy kan aflaai, sluit reeds twee (2) bankrekeninge in. Die bankrekeninge in die AF-SUID-AFRIKA Stel Boeke, ingesluit is, is soos volg:

Rekeningkode

Rekeningnaam

Betalingsjoernaal

Ontvangstejoernaal

810-000

LOPENDE BANKREKENING

Betalingsjoern.

Ontvangstejoern.

820-000

KLEINKAS

Kleinkasbetaling

Kleinkontvangste


Jy kan die bestaande bankrekeninge wysig, Indien daar reeds transaksies teen 'n bankrekening geposteer is, kan jy dié bankrekening se status as onaktief stel om te voorkom dat verdere transaksies teen dié rekening geposteer word. 

Indien jy graag ‘n ander bankrekening wil skep, moet jy in gedagte hou dat jy in jou beplanningsproses van jou stel rekeninge, rekeninge van ‘n soortgelyke aard saam groepeer. 

Bankrekeninge moet aan ‘n unieke Betalings- en Ontvangstejoernaal gekoppel word.

Jy kan 'n nuwe betalings- en onvangste-joernaal op die Bank-oortjie skep wanneer jy 'n nuwe bankrekening skep. Jy kan die joernaaltipe beskrywings wysig in Opstel → Joernaaltipes (Opstel-duimgids).


Om 'n bestaande bankrekening te wysig:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel Rekeninge
  2. Kies die bankrekening (byvoorbeeld, "B810000- LOPENDE BANKREKENING" of “B820000 - Kleinkas”) (Bedryfbates – Verslaggroep).

  1. In die "Beskrywings" veld, vervang “LOPENDE BANKREKENINGdie nuwe naam van jou Bankrekening, byvoorbeeld "ABC-Bank".  
  2. Op die Bank-duimgids sleutel die naam van jou Betalings- en Ontvangstejoernaal in, byvoorbeeld "ABC-BETALINGS" en  "ABC-ONTVANGSTES" in.

  1. Kliek Stoor. Die nuwe Betalings- en Ontvangstejoernaal sal outomaties aan die bestaande bankrekening, wat jy gewysig het, gekoppel wees. Gaan na Opstel Joernaaltipes op die Opstel-duimgids om die Betalings- en Ontvangstejoernaal van jou oorspronklike Bankrekening, indien dit steeds gelys word, te skrap.  

Bank import plugin - Is ingesluit by die osFinancials5 Subskripsie - Bank Reconciliations Plugin Manual - BankImport Plugin Manual

As die "Verstek bankrekonsiliasie metode" opsie nie gekies is nie (merk verwyder) op die Opstel → Dataparameters (Opstel-duimgids); die betalings- en ontvangste-joernaal velde sal gekombineer word. Jy kan dan óf die Betalingsjoernaal óf die Ontvangstejoernaal kies.