Jy kan algemene grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) uitvoer en invoer. Hierdie kenmerk kan gebruik word om grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) in te voer in: 

Voordat jy grootboekrekeninge in 'n nuwe Stel Boeke mag invoer, moet jy die nodige opstelling en konfigurasie doen. 

Sodra dit gedoen is, kan jy begin om grootboekrekeninge vanaf 'n gestoorde "Excel Werkboek (*.xlsx) lêertipe of 'n "Tab-geskeide" (*.txt) lêerformaat in te voer.

Hierdie rekeninge (Tabel van rekeninge) word onderhou in Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids). 

Verslae vir die rekeninge (Tabel van rekeninge) word gedruk in Verslae → Grootboek → Lys - Tabel van rekeninge (Verslae-duimgids). 

Voordat jy hierdie kenmerk gebruik, word dit aanbeveel om die verslag te druk. 

Uitvoer / invoer-opsies op Opstel-duimgids 

Om die data vir grootboekrekeninge te kan invoer, moet jy 'n "Tab-geskeide" uitvoerlêer in die Uitvoer (Opstel-duimgids) geskep. Dit word aanbeveel dat die rekeninge (Tabel van rekeninge) in die "Tab-geskeide" (*.txt) lêerformaat uitgevoer word. Hierdie lêerformaat kan gebruik word om die "Tab-geskeide" (*.txt) lêerformaat in die Invoer (Opstel-duimgids) in te voer. 

Sigblad uitvoer / invoer 

osFinancials5 ondersteun die "Excel Werkboek (*.xlsx) lêertipe Spreadsheet invoer en uitvoer kenmerk. 

  • Sigblad-uitvoer - Jy kan grootboekrekeninge uitvoer en dit stoor as 'n "Excel Werkboek (*.xlsx)" lêertipe. 
  • Sigblad-invoer - Jy kan grootboekrekeninge invoer vanaf 'n gestoorde "Excel Werkboek (*.xlsx)" lêertipe.