By verstek het alle gebruikers toegang tot alle rekeninge, wat impliseer dat 'n gebruiker toegang het tot elk van die rekeninge in die Stel Boeke, dit wil sê Algemene grootboekrekeninge (Inkomste- en Uitgawerekeninge, Kapitaal-, Bates- en Lasterekeninge), Bankrekeninge, Belastingrekeninge, Debiteurerekeninge en Krediteurerekeninge. 


Wanneer jy toegang kry tot die opsie om rekeninge te blokkeer, word al die rekeninge in die Stel Boeke gelys. Indien jy toegang tot spesifieke rekeninge wil beperk of blokkeer, verwyder die regmerkie van elk van die rekeninge wat jy toegang vir 'n gebruiker wil blokkeer. Die gebruiker sal dan geen transaksies na die geblokkeerde of beperkte rekeninge kan verwerk nie. 


Benewens hierdie toegangsbeheer-funksionaliteit, kan jy ook 'n gebruiker toelaat of beperk om joernale te posteer en/of dokumente na die grootboek op te dateer (posteer), om transaksies in joernale te prosesseer of om om dokumente (fakture, aankope, kredietnotas en verskafferewtoere) te skep en te redigeer. As jy 'n gebruiker toelaat om transaksies in joernale in te voer, kan jy 'n gebruiker beperk om toegang tot en verwerking van transaksies in joernale te verkry. Byvoorbeeld, as jy 'n Kleinkassier het, kan jy daardie persoon toelaat om slegs toegang tot die Kleinkas-betalingsjoernaal te kry. Die Kleinkassier sal dan slegs toegang hê om transaksies in die Kleinkas-betalingsjoernaal te verwerk.

Om toegang tot joernale, dokumente en rekeninge vir gebruikers te stel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Toegangbeheer.    
  1. Kies die Toegang tot joernale-oortjie.

  1. Maak seker dat die korrekte gebruiker gekies is, of klik op die gebruiker-ikoon, waarvoor jy toegang tot joernale of rekeninge moet beperk of toelaat.
  2. Verwyder die regmerkie om die geselekteerde gebruiker te beperk of plaas 'n regmerkie in die veld om toegang tot die joernale toe te laat. (Jy kan die spasiebalk op jou sleutelbord druk om 'n opsie te kies of te ontkies). 
  3. Indien jy toegang tot sekere rekeninge wil beperk, klik op die Kies rekeninge om te blokkeer knoppie.
  4. Kies die rekeninge om te blokkeer - plaas 'n regmerkie om die geselekteerde gebruiker te beperk of verwyder 'n regmerkie in die veld om toegang tot rekeninge toe te laat.

Geblokkeerde rekeninge sal in 'n blou font-kleur vertoon word.

Jy kan op die "Selection" opsie klik om die volgende keuses te doen:

  • "Select All" - Alle rekeninge te kies.
  • "Invert Selection" - Om alle rekeninge wat gemerk is te kies en ander rekeninge te blokkeer).
  • "deselect all" - Alle rekeninge te ontkies (merk te verwyder).
  1. Klik op die Goed-knoppie om die rekeninge wat vir hierdie gebruiker geblokkeer is, te stoor. 
  2. Klik op die Pas toe-knoppie om die veranderinge vir hierdie gebruiker te stoor.  
  3. Kies die volgende beskikbare gebruiker om toegang tot joernale en/of rekeninge te beperk of toe te laat, indien nodig. 
  4. Klik op enige van die oortjies om die toegang-vlakke vir elke geselekteerde gebruiker te stel.
  5. Sodra jy klaar is, klik op die Maak toe-knoppie om die "Toegangsbeheer"-skerm te verlaat.

Indien enige gebruiker probeer om toegang te verkry tot 'n joernaaltipe of joernaaltipe waarvoor toegang gedeaktiveer is, sal 'n waarskuwing-boodskap vertoon word.  

Gebruiker kan nie hierdie joernaal gebruik nie! Aktiveer toegang in Opstel → Toegangsbeheer!

Klik op die Goed-knoppie. Jy sal dan dalk moet :

  1. Kies die korrekte joernaal, indien die verkeerde joernaal gekies is. 
  2. Kontak jou Stelseladministrateur om toegang tot hierdie joernaal toe te laat.