Jy kan 'n wagwoord vir 'n geselekteerde gebruiker skrap. Alle ander gebruikers kan steeds voortgaan om hul wagwoorde te gebruik om 'n Stel Boeke oop te maak en in te werk. 

Jy kan ook die wagwoorde vir alle gebruikers skrap, in welke geval die sekuriteits-opsies dan de-aktiveer sal word. 

Om 'n gebruiker-wagwoord te skrap: 

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Toegangbeheer.    

  1. Maak seker dat die korrekte gebruiker gekies is, of klik op die gebruiker-ikoon wat jy wil skrap. 
  2. Klik op die Skrap-knoppie. Jy kan ook met die regter-muis-knop op die geselekteerde gebruiker-ikoon klik en die "Delete"-opsie op die konteks-kieslys kies.

Indien jy gebruikerstelsel administrateur en dan gebruiker met beperkings skrap, word die volgende bevestigings-boodskap vertoon:  

Waarskuwing, dit sal jou Stel Boeke ernstig beïnvloed! Wil jy nog voortgaan?

Klik op die Goed-knoppie. Die geselekteerde gebruikerwagwoord en alle sekuriteitsopsies en toegangsvlakke vir daardie gebruiker sal permanent verwyder word.

  1. 'n Inligting-boodskap sal vertoon word:

Jy het gekies om alle gebruikers te skrap! Toegangsbeheer sal nou onaktief wees!

  1. Klik op die Goed-knoppie. Die gebruiker-wagwoord en alle sekuriteit-opsies en toegang-vlakke vir alle gebruikers sal permanent verwyder word.
  2. Die  "Toegangsbeheer"-skerm sal outomaties gesluit word.