Die minimum aanbevole skerm-resolusie is 1440 x 900 skerm of hoër). Op toestelle met 'n 1366 x 768 skerm-resolusie, sal jy dalk moet: 

  • Vou die duimgidse in (versteek die duimgidse outomaties) wanneer jy in vorms of skerms soos Dokumente, Debiteure, Krediteure, Voorraad, ens. 
  • Stel die tema op tablet-modus - Stel die  "Style values for ribbon" (Stylwaardes vir duimgids) na "Style=4" in die "Colors.ini"-lêer in jou tema-gids op "4 =2016Tablet

Vou duimgidse in (versteek) - "Collapse the ribbon" 

Dubbelklik op 'n duimgids, of klik op die Collapse the ribbon" (Vou die duimgidse in) opsie (regs onder op die duimgids-balk).


As die skerms van debiteure, krediteure, voorraaditems of dokumente nie korrek vertoon word nie, moet jy dalk na Gereedskap → Sluit aktiewe vorms (Opstel-duimgids) gaan en die skerms herbegin wanneer die duimgids ingevou is.

Speld (wys) duimgidse vas - "Pin (show) ribbons" 

Tablet mode setting Tablet-modus-instelling

Om die duimgidse op die tablet-modus te stel: .

  1. Maak jou geselekteerde tema-lêergids oop in "... / bin / Themes / Material"-lêergids (soos in hierdie voorbeeld). 
  2. Maak die "colors.ini" lêer oop in Notablok ("Notepad")
  3. Wysig die "Style values for ribbon" deur  "style=x" (bestaande waarde) met "style=4" (4 =2016Tablet).

  1. Stoor die "colors.ini"-lêer. 
  2. Sluit en herbegin osFinancials. 
  3. Wanneer osFinancials herbegin word, sal die duimgidse soos volg vertoon (Verstek-duimgids) soos per hierdie voorbeeld).