Stelsel-instellings - Nommer-formaat
Jy sal dalk die nommer-formaat van jou bedryfstelsel moet stel om sommige verslae te druk. Wanneer die “Begroting vs werklike” en “Huidige jaar vs vorige jaar” verslae druk, kan jy die volgende fout-boodskap teëkom:
"Type conversion error 'Val':Expression TRpExpression46"
Die “Customize Format – Numbers” van jou Windows-bedryfstelsel se nommer-formaat moet soos volg gestel word:
- Decimal symbol - (Desimale simbool) - stel op punt ( . )
- Digit grouping symbol (Syfer groeperings simbool) - gestel op komma ( , )
|
|
Dit is 'n globale instelling vir alle Stelle Boeke op jou bedryfstelsel. |
Om die getal-formaat van jou bedryfstelsel te verander:
- In enige aktiewe (oopgemaakte) Stel Boeke, kies Opstel → Dataparameters (Opstel-duimgids).
|
|
Jy kan ook op die Opstel → Opstel onderneming - Opsies-oortjie - Stel die Windows datum/formaat/styl-knoppie (Opstel-duimgids) kliek. |

- Op die "System Parameters"-skerm klik op die "Date/Time settings"-knoppie.

- Op die "Formats"-oortjie, klik op die "Additional settings" ... knoppie.

- Op die "Numbers"-oortjie, die verstek-instellings (soos per nuwe installasie van Windows of op sommige nuwe toestelle), is die instellings wat verander moet word soos volg:
- Decimal symbol: (Desimale simbool) stel op punt ( . )
- Digit grouping symbol (Syfer groepering simbool) stel op komma ( , )
|
|
As die "Digit grouping symbol" (Syfer groepering simbool) op leeg gestel is; en wanneer jy op die Druk-knoppie van die “Begroting vs werklike” en “Huidige jaar vs vorige jaar” verslae klik; sal dié verslae steeds nie druk nie maar produseer dieselfde fout; d.w.s. “Type conversion error 'Val':Expression TrpExpression46” |
- Nadat die getal-formate verander is, moet die "Example" op die "Numbers"-oortjie van die "Customize Format"-skerm soos volg vertoon:

- Klik op die "Apply" en OK knoppies van die "Customize Format"-skerm - "Numbers" oortjie, sowel as die "Region - Formats" skerm.
- Jy sal dalk osFinancials moet verlaat (toemaak) sodat hierdie veranderinge bygewerk kan word wanneer verslae genereer en gedruk word.


