Voorraad - Konteks-kieslys - Stel Voorraadgroep 1/2
Jy kan die voorraadgroepe deur middel van die konteks-kieslys verander, indien nodig.
- Voorraadgroep 1 - Alle voorraadgroepe wat jy vir Voorraadgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy Voorraadgroep1 per abuis nie aan 'n voorraaditem gekoppel het nie, kan jy dit steeds doen deur die betrokke voorraaditem(s) te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte Voorraadgroep op die “Stel verslaggroep1” op die konteks-kieslys te kies.
- Voorraadgroep 2 - Alle voorraadgroepe wat jy vir Voorraadgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy Voorraadgroep2 per abuis nie aan 'n voorraaditem gekoppel het nie, kan jy dit steeds doen deur die betrokke voorraaditem(s)) te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte Voorraadgroep op die “Stel verslaggroep2” op die konteks-kieslys te kies.