Hierdie verslag sal die besonderhede van alle rekeninge en transaksies wat in joernale, sowel as transaksies wat in dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, en waarop BTW van toepassing is), druk. 

Dit sal die BTW-kode en beskrywing sowel as die kontrarekeninge vir elke transaksie vertoon. Indien dieselfde periodes of datum(s) op die “BTW per periode” verslag gekies is, moet die eksklusiewe en BTW totale ooreenstem.  

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

BTW-verslag - Verwysing / Dokumntnr. opsies

Om ‘n BTW-verslag – Verwysing / Dokumentnr. verslag te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies BTW. Die “BTW-lys – Debiteure met BTW-id” is die verstek verslag. 
  2. Kies die “BTW-verslag – Verwysing / Dokumentnr.” verslag.

  1. Kies “2 Maande” en selekteer “2022/03/01 / 2022/04/30”.

Vir die doeleindes van dié illustrasie, word veronderstel, dat die BTW-registrasie sertifikaat aandui dat BTW opgawes en betalings elke tweede maand betaal moet word. 

  1. Kliek Goed

Grdruk : BTW-verslag - Verwysing / Dokumntnr.

'n Voorbeeld van die “BTW-verslag – Verwysing / Dokumentnr.” verslag, is soos volg:

Bladsy 1 -


Bladsy 4 – (Laaste bladsy) Verslagtotaal – 

Die Bedrag ekskl. en BTW-bedrag in die Totaal (Verslagtotaal) van die BTW-verslag - Verwysing / Dokumentnr. verslag, moet met die Totaal – Uitset-BTW – Inset BTW van dié BTW per periode verslag (indien dieselfde periodes gekies is), balanseer.

Dié verslag sal die volgende vir elke transaksie waarop BTW van toepassing is, soos volg vertoon:

  1. Verwysing en rekening besonderhede
    1. Verwysing – Dokumentnommer , of verwysing, soos wat dit in joernale ingesleutel is.  Balanserende transaksies in joernale word deur  ********  agt (8) asteriske aangedui.
    2. Kode – Rekeningkode.
    3. Beskrywing –Naam van die rekening.
    4. Land – Die naam van die land, indien die land op debiteur (kliënte / klante) en krediteur (verskaffer) se rekeninge gekies is.  
    5. BTW-verwysing – Die BTW-registrasienommer, indien dit op debiteur (kliënte / klante) en krediteur (verskaffer) se rekeninge ingesleutel is.  
  2. Transaksie besonderhede – 
    1. Datum – Datum van die transaksie. 
    2. Joernaalnr. - Die joernaal id (nommer) wat outomaties vir die joernaal gegenereer is. 
    3. Beskrywing – BTW-rekening en BTW-kode. 
    4. BTW eksklusief – Die bedrag van die transaksie sonder BTW. 
    5. BTW-bedrag– Slegs die BTW bedrag wat op die transaksie gehef is. 
    6. Kode / Beskrywing – Kode en naam (beskrywing) van die kontrarekening.