Konsolideer balansering-opsie - F10:Opstel - Standaard-oortjie

Wanneer die joernaal opgestel word, en die "Konsolideer balansering"-opsie word gekies, sal 'n inligtingsboodskap vertoon word:

"Konsolidering van reëls terwyl jy BTW gebruik sal jou belastingverslag affekteer! Maak asseblief seker dat indien BTW op transaksies van toepassing is dat jy nie die konsolideer transaksies opsie gebruik nie!"

Indien hierdie "Konsolideer balansering"-opsie word gekies word, sal dit byvoorbeeld veroorsaak dat BTW-verslae nie die Verkoopsjoernaal se transaksies insluit nie.Dit sal dan slegs verkoopsdokumente in (d.w.s. fakture en kredietnotas) insluit. Transaksies op ander joernaal-tipes kan soortgelyke foute veroorsaak.

Die BTW verslae behoort vroegtydig gedruk en nagegaan te word sodat jy die spertyd van jou BTW-opgawe sal haal. Dit word aanbeveel dat transaksies in joernale en dokumente geposteer word voordat dié verslae gedruk word. 

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

BTW per periode opsies

Om 'n BTW per periode verslag te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies BTW. Die “BTW-lys – Debiteure met BTW-id” is die verstek verslag. 
  2. Kies die “BTW per periode” verslag.

  1. Kies die volgende:
    1. Datum - Kies “Per Periode”. Vir die doeleindes van dié illustrasie, kies “2 Maande” en “2022/03/01 / 2022/04/30”.  

Vir die doeleindes van dié illustrasie, word veronderstel, dat die BTW-registrasie sertifikaat aandui dat BTW opgawes en betalings elke tweede maand betaal moet word. 

    1. Wys detail – By verstek, is hierdie opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die totale uitgesluit van BTW asook die BTW-bedrag vir elke BTW-rekening (kode) lys. Indien jy dié opsie kies (merk) sal alle geposteerde transaksies in joernale en dokumente (insluitend die rekeningkode, beskrywing, land en BTW-registrasienommer, van die debiteur- en krediteurrekening lys, waar van toepassing) lys.
    2. Wys BTW afsonderlik – Indien dié veld gemerk is, sal die elke BTW-rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
  1. Kliek Goed

Gedruk : BTW per periode 

'n Voorbeeld van die “BTW per periode” (“Wys detail:Nee”), is soos volg:        


Dié verslag asook die verslag wat die besonderhede van die transaksies vertoon, moet ook gestoor en vir rekord- en ouditdoeleindes bewaar word.

Dit word aanbeveel dat die “Wys detail” opsie ook gedruk word en dat dit vir rekord- en ouditdoeleindes bewaar word.

Gedruk : BTW per periode (Wys detail) 

'n Voorbeeld van die “BTW per periode” (“Wys detail” en “Wys BTW afsonderlik” geselekteer), is soos volg:

Bladsy 1 – Uitset BTW - 15%

Bladsy 2 – Inset BTW – Standaardkoers - 15%

Bladsy 3 – Inset BTW – Kapitaalgoedere - 15%


Die Bedrag ekskl. en BTW-bedrag in die Totaal (Verslagtotaal) van die BTW-verslag - Verwysing / Dokumentnr. verslag, moet met die Totaal – Uitset-BTW – Inset BTW van dié BTW per periode verslag (indien dieselfde periodes gekies is), balanseer.