Rekeningklasse kan tot vyf (5) rekeninge bevat, wat op die Grootboek-oortjie van 'n voorraaditem (Voorraaditems op die Verstek-duimgids) gekoppel kan word. 

Om seker te maak dat jou rekeningklasse, korrek opgestel is en aan die korrekte Inset en Uitset BTW-rekeninge gekoppel is, kan jy 'n verslag vir jou Rekeningklasse druk. 

Voorraad - Rekeningklasse opsies

Om 'n Rekeningklasse verslag vir jou voorraaditems te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Voorraaditemlys
  2. Kies die "Rekeningklasse" verslag. 

  1. Kies die Volgorde (d.i. “ID” (rekord Id) of “Beskrywing”) vir die volgorde waarin die Rekeningklasse op dié verslag gelys moet word.
  2. Kliek Goed

Gedruk : Voorraad - Rekeningklasse

'n Voorbeeld van die "Voorraaditem lys – Rekeningklasse" verslag, is soos volg: