Ongedrukte dokumentelys - Verkoopsdokumente (Verslae-kieslys)
Die ongedrukte dokumentelys sal alle Fakture, Kredietnotas of Kwotasies per debiteur (kliënt / klant) rekening te lys.
Ongedrukte dokumentelys - Verkoopsdokumente opsies
Om 'n Dokumentelys vir ongedrukte verkoopsdokumente te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Dokumente → Ongedrukte dokumentelys → Verkoopsdokumente.
- "Fakture" is die verstek verslag. Kies "Kredietnotas" of "Kwotasies".

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Vanaf rekening... Na rekening... - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Ongedrukte dokumentelys - Verkoopsdokumente
'n Voorbeeld van die "Ongedrukte dokumentelys - Fakture", is soos volg:
