Ongedrukte dokumentelys - Aankoopdokumente (Verslae-kieslys)
Die ongedrukte dokumentelys sal alle Aankope, Verskafferretoere of Bestellings per krediteur (verskaffer) rekening te lys.
Ongedrukte dokumentelys - Aankoopdokumente opsies
Om 'n Dokumentelys vir ongedrukte aankoopdokumente te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Dokumente → Ongedrukte dokumentelys → Aankoopdokumente.
- "Aankope" is die verstek verslag. Kies "Verskafferretoere" of "Bestellings".

- Kies die volgende:
- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Vanaf rekening... Na rekening... - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
- Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Ongedrukte dokumentelys - Aankoopdokumente
'n Voorbeeld van die "Ongedrukte dokumentelys - Aankope", is soos volg:
