Om dokumente op te stel en te konfigureer is 'n eenmalige proses:

Op die Opstel-duimgids:

  1. Rekeninge – Skep 'n Koste van Verkoperekening vir handelsvoorraad. 
  2. Dokumente – Kontroleer die nommers, opskrifte en boodskappe. Stel die uitleglêers wat gebruik word om jou dokumente te druk. Kyk ook watter joernale aan jou Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere gekoppel is. 
  3. Groepe – Rekeninggroepe 1 / 2, Voorraadgroepe 1 / 2,  Dokumentgroepe 1 / 2 en voorraadgroep 1 /2, soos nodig.
  4. Verkoopspersone – Skep die verkoopspersone wat jou verkoopsdokumente en aankoopdokumente sal prosesseer.   
  5. Joernaaltipes – Indien jy handelsvoorraad (verstek voorraaditem) gaan gebruik, en jy het koste van verkope geaktiveer, maak seker dat jy 'n Koste van Verkope joernaal het. 
  6. Voorraadinligting – Kontroleer die Eenhede, Verkoopspryse, Verkoopsprys se beskrywings, en wysig indien nodig. Kontroleer die verstek verkoopsprys. Stel die Koste van verkope parameters. 

Op die Verstek-duimgids:

  1. Krediteure – 'n Diverse Krediteurrekening. Jy kan jou eie Krediteure (verskaffer) se rekeninge bygevoeg. 
  2. Debiteure – 'n Kontantverkope en 'n Diverse debiteurrekening.   Jy kan jou eie Debiteure (kliënte / klante) se rekeninge bygevoeg.