Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Verslae-kieslys)
Die Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op - verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae van die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge lys. Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae, soos op die datum (stelseldatum) wat dit gedruk word, lys. Jy kan ook kies om die Kontakbesonderhede te druk vir die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat spesifieke aandag trek.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Debiteurelys - Kredietkontrolelys opsies
Om 'n Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op... verslag te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys. Die Kontakte verslag-opsies sal vertoon word.
- Kies "Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op".

- Kies die volgende:
- Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).
- Volgorde - Kies "Debiteurkode, Beskrywing, Onaktief" of "Kredietlimiet".
- Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke debiteur (kliënt / klant) se rekening te druk, merk hierdie opsie.
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die debiteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Debiteurelys - Kredietkontrolelys
'n Voorbeeld van die "Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op" verslag, is soos volg:

|
|
Negatiewe bedrae in die Beskikbaar kolom, dui daarop dat die debiteur (kliënt / klant) die kredietlimiet oorskry. Die moontlike oorsake, is soos volg:
Jy kan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge onaktief stel (Rekeningkundige inligting duimgids - Debiteure op die Verstek duimgids). |
Gedruk : Debiteurelys - Kredietkontrolelys - Kontak detail
'n Voorbeeld van die "Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op" ("Vertoon Kontakbesonderhede" gekies) verslag, is soos volg:

|
|
Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die debiteur se rekening gekoppel (gekies) is. |

