Skrap Debiteur rekeninge
Jy kan 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening skrap, indien dié rekening geen transaksies en/of balanse bevat nie.
Jy kan 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening onaktief stel om die rekening te blokkeer sodat, geen transaksies in joernale en/of dokumente teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening geposteer kan word nie. Jy kan dit ook doen indien jy nie verdere besigheid met die debiteur (kliënt / klant) doen nie, of die rekening agterstallig is, ens.
Skrap rekening
Om 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening te skrap:
|
|
Indien jy meer as een (1) debiteur (kliënt / klant) se rekening op 'n slag wil skrap, druk die Ctrl-sleutel en hou dit ingedruk terwyl jy die ander debiteur (kliënt / klant) rekeninge kies om met 'n muis-klik te skrap. |
- Op die Debiteure, kies die rekening, en kliek op die Skrap knoppie. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
"Is jj seker dat jy die rekening wil skrap?"
|
|
Maak absoluut seker dat die korrekte debiteur (kliënt / klant) se rekening gekies is. |
- Kliek Ja. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word.
"Rekening geskrap!"
- Kliek op die Goed knoppie. Die debiteur (kliënt / klant) se rekening sal permanent verwyder wees.
Stel rekening onaktief
Om 'n Debiteur (kliënt / klant) te rekening onaktief te stel:
- Indien 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening transaksies en / of balanse bevat, kan dié rekening nie geskrap word nie. Byvoorbeeld, sal 'n fout-boodskap vertoon word.
"100002 Mnr. Mike Davies Dié rekening het balanse! Rekening kan nie geskrap word nie!"
- Kliek op die Goed knoppie.
- Om dié rekening te blokkeer, sodat, geen transaksies in joernale en / of dokumente teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening geposteer kan word nie, kliek op die Redigeer knoppie en die Rekeninginligting-oortjie.

- Kies (merk) die "Rekening onaktief" veld.
- Kliek Stoor.

