Regs-kliek om die volgende konteks-kieslys te vertoon:

Konteks-kieslys - Die volgende opsies is beskikbaar:

  1. Skep fakture - Skep 'n nuwe faktuur vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
  2. Skep kredietnotas - Skep 'n nuwe kredietnota vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
  3. Skep kwotasie - Skep 'n nuwe kwotasie vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
  4. Reports” (Verslae) - Jy kan kies om die etiket vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se posadres of afleweringsadres te druk.
  5. Debiteurgroep 1 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep1 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies. 
  6. Debiteurgroep 2 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep2 per abuis nie aan 'n debiteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteurrekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.
  7. Copy account” (Kopieer rekening - Skep 'n kopie van 'n geselekteerde debiteurrekening. Alle inligting sal behoue bly en kan geredigeer word waar nodig. Geen dokumente of transaksie inligting sal gekopieer word nie.