Debiteurgroep 1 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep1 per abuis nie aan 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteur (kliënt / klant) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies. 

Debiteurgroep 2 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep2 per abuis nie aan 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteur (kliënt / klant) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.

Om Debiteurgroep 1 / 2 te wysig: 

  1. Op Debiteure (Verstek-duimgids), kies die debiteur (kliënt / klant) rekening of rekeninge.

As jy veelvuldige debiteur (kliënt/klant) se rekeninge wil kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en klik op elke debiteur (kliënt / klant) se rekening, waarvoor jy die debiteurgroep moet verander.

  1. Regs-kliek en kies "Debiteurgroep 1" of "Debiteurgroep 2" op die konteks-kieslys 
  2. Kies "Leeg" of enige groep wat gelys word.  Die gewysigde "Debiteurgroep 1" of "Debiteurgroep 2" sal op verskeie skerms en in verslae gereflekteer word.