Krediteurgroepe
Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou krediteure (verskaffers) opstel. Krediteurgroepe laat jou toe om die krediteure (verskaffers) se rekeninge te groepeer of te kategoriseer waaroor jy wil rapporteer, filter en bestuur. Hierdie Krediteurgroepe kan aan elke krediteur (verskaffer) se rekening gekoppel word.
Om groepe te skep, te wysig of te skrap:
- Op die Opstel-duimgids, en kies Opstel → Groepe. Die Groepe (Rekeninggroep 1 (verstek)) sal vertoon word.
- Kliek op die Krediteurgroep 1 knoppie.

- Indien jy die naam van Krediteurgroep 1 wil verander vervang die beskrywing met jou eie beskrywing. Jou beskrywing of nuwe naam sal die naam van die Krediteurgroep 1 knoppie verander.
- Om 'n nuwe groep tot die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" te voeg, kliek op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en kliek op die Nuwe knoppie.
- Sleutel die naam van jou Krediteurgroep in (byvoorbeeld, Krediteurgroep 1A, ens.) in.
- Kliek weer op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en herhaal die proses om ander Krediteurgroepe te skep.
- Jy kan ook verslaggroepe vir Krediteurgroep 2 skep.
- Kliek Goed om jou rekords te stoor.
|
|
Jy kan op die Druk knoppie kliek om 'n lys van jou Krediteurgroep 1 te druk. |
|
|
Jy kan agtergrond- en fontkleure vir rekeninggroep 1 en 2 stel wat in die Krediteure (lysskerm) vertoon word. Om kleure vir rekeninggroepe te stel:
|
