Skrap take - Kalender
Sodra jy take bygevoeg het, kan jy dit redigeer en / of herskeduleer. Indien jy die taak permanent van die Stel Boeke wil verwyder, kan jy dit skrap.
Om 'n taak te skrap:
- Om 'n bestaande taak permanent van die Stel Boeke verwyder (te skrap), kies die taak, en regs-kliek.
- Op die konteks-kieslys, kies die "Skrap taak..." opsie.
- 'n Soortgelyke bevestiging-boodskap, wat die naam (titel van die taak insluit), sal vertoon word.
"Skrap Kontantvloei vanaf jou taaklys? DiƩ bewerking kan nie omgekeer word nie!" .
|
|
Maak absoluut seker dat jy die korrekte taak gekies het, voordat jy Ja kliek. Indien jy die taak foutief geskrap het, sal jy al die besonderhede weer moet insleutel. |
- Kliek Ja.
