Kontakte- Kalender
Alle kontakte wat vir debiteure (kliënte / klante) sowel as vir krediteure (verskaffers) geskep is word in die Kalender – Kontakte gelys.
Om nuwe kontakte te skep, of bestaande kontakte te redigeer, of te skrap, kan in die volgende opsies (in die Verstek-duimgids) gedoen word:
- Kontakte
- Debiteure - Kontakte-oortjie
- Krediteure - Kontakte-oortjie
- Kalender - Kontakte
Om kontakte in die kalender te skep of te redigeer:
- Op die Verstek-duimgids, kies Kalender.
- Kliek op Kontakte. Alle kontakte wat reeds vir debiteure (kliënte / klante), sowel as vir krediteure (verskaffers) geskep is.

- Jy kan op 'n karakter (d.i. “123” of “A-Z”) op die vertikale duimgids strook kliek om na die kontakte wat met die karakter begin te gaan.
- Om 'n bestaande kontak te redigeer, dubbel-kliek op die kontak, of regs-kliek en kies “Redigeer kontak...” op die konteks-kieslys.

|
|
Indien jy die “Voeg kontak by...” op die konteks-kieslys kies, sal “Ongetiteld - Kontak” in die titelbalk vertoon word. Alle velde sal blanko wees. |
- Sleutel alle beskikbare inligting vir dié kontak in.
- Kliek op die Telefoon-duimgids en sleutel die nodige besonderhede in. Jy kan ook addisionele inligting in die 9 vryvelde (“Freefield1-9”) insleutel.
- Jy kan ook op die Notas-duimgids kliek en enige addisionele notas, kommentaar, ens insleutel.
- Kliek Goed om die rekord te stoor.
- Op die Kontakte-oortjie van debiteur- en krediteurrekeninge moet kontakte aan debiteure en krediteure gekoppel word.
|
|
|
