F10:Opstel - Opsies vir dié joernaal - Standaard-oortjie
Opstel van Joernale - Standaard
Die standaard opsies bied slegs die basiese opsies om elk van die joernale op te stel of te konfigureer.

Die opsies, is soos volg:
- Kontrarekening – Kies dié rekening waarheen balanserende transaksies geposteer moet word.
|
|
In die geval van die betalings- en ontvangstejoernaal, sal die Bankrekening altyd die kontrarekening wees. Die kontrarekening kan nie vir betalings- en ontvangstejoernale gekies word nie.
Posteer in periode 0 - Hierdie opsie is nie betalings- en ontvangstejoernale beskikbaar nie. Openingsbalanse vir bankrekeninge moet in normale joernale, byvoorbeeld, die Algemene joernaal, aangeneem word. |
- Geen BTW – Kies om die BTW bedragkolom sowel as die BTW lys nie in die Joernaalinvoer skerm te vertoon nie.
|
|
Hierdie opsie behoort slegs gekies te word indien geen BTW op enige van die transaksies in die joernaal van toepassing is nie, of indien jy nie vir BTW geregistreer is nie. |
- Inkrementeer verwysingsnr. - Kies (merk) dié opsie indien jy dieselfde verwysingsnommer vir alle transaksies in dié joernaal wil insleutel. Indien hierdie opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal die verwysingsnommer met die volgende waarde vermeerder word.
- Konsolideer balansering – Indien dié opsie gekies (gemerk) is, sal dit die balanserende transaksies vir soortgelyke rekeninge na saamvoeg.
|
|
Die "Konsolideer balansering" opsie op die Standaard-oortjie van die F10:Opstel "Opsies vir die joernaal" skerm behoort nie vir enige transaksies waarop BTW van toepassing is nie, gekies te wees nie. Dit sal 'n Inligting-boodskap vertoon. "Konsolidering van reëls terwyl jy BTW gebruik sal jou belastingverslag affekteer! Maak asseblief seker dat indien BTW op transaksies van toepassing is dat jy nie die konsolideer transaksies opsie gebruik nie!" In ander joernale waarop geen BTW van toepassing is nie, kan jy die Konsolideer balansering opsie kies. Die Konsolideer balansering opsie sal, wanneer jy die joernaal balanseer, die transaksies opsom en 'n enkele transaksie BALANSERENDE TRANS. gevolg deur die joernaalnaam genereer. |
- Kontrarekening per reël - Stoor die stellings vir die BTW rekeninge of -kodes op die Kontrarekening. Dié opsie is nie op betalings- en ontvangstejoernale van toepassing nie.
- Inklusiewe metode - Stoor die inklusiewe metode om transaksies inklusief van BTW in te sleutel.
- Herhaal besonderhede - Alle besonderhede sal vir elke volgende transaksie herhaal word. Dit sal tyd spaar wanneer meer as een transaksie met dieselfde beskrywing (byvoorbeeld, “Betaling ontvang – baie dankie”) moet insleutel. Dié beskrywing sal outomaties in die beskrywingskolom van die volgende reël of transaksie ingevul word.
- Bedraginvoer - Kan vir alle joernale gestel word. Die basiese opstelling van joernaaltipes vir die rekening opsoektipe sowel as die kontrarekening opsoektipe asook die bedraginvoer kolomme (debiet / krediet of beide), is soos volg:
|
JOERNAALTIPE |
REKENING OPSOEKTIPE |
KONTRAREKENING OPSOEKTIPE |
DEBIET /KREDIET |
|
|
Verkoopsjoernaal |
Debiteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Verkoopsretoere |
Algemene grootboek |
Debiteure |
Krediet |
|
|
Aankoopjoernaal |
Algemene grootboek |
Krediteure |
Krediet |
|
|
Aankoopretoere |
Krediteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
|
Betalingsjoernaal |
Alle |
Alle |
Debiet |
|
|
Ontvangstejoernaal |
Alle |
Alle |
Krediet |
|
|
Algemene joernaal |
Alle |
Alle |
Debiet en Krediet |
|
|
Vir betalingsjoernale behoort dit op debiet gestel te wees. Vir ontvangstejoernale behoort dit op krediet gestel te wees. |
- Posteer in periode 0 - Dié opsie is nie op betalings- en ontvangstejoernale van toepassing nie.
|
|
Indien jy openingsbalanse aanneem vir algemene grootboekrekeninge, moet jy hierdie opsie kies. Indien dié opsie nie gekies is nie, sal jy nie toegelaat word om na die Behoue inkomsterekening te posteer nie. Wanneer jy openingsbalanse vir debiteur- en krediteurrekeninge aanneem, moet hierdie opsie blanko gelaat word. |
- Minimum chars before search - Die verstek waarde is 0. Indien jy byvoorbeeld een (1) ongeldige rekeningkode of beskrywing (rekeningnaam) vir die rekening opsoek insleutel, byvoorbeeld:
" Rekening bestaan nie! Wil jy dit skep?
Jy kan die aantal karakters spesifiseer voordat jy hierdie boodskap ontvang.


