Nasporing van verskille
Indien daar 'n verskil op die bankrekonsiliasie verslag aangedui word, moet die verskil nagespoor en reggestel word.
Hier volg ‘n paar faktore wat moontlik tot die verskil kan veroorsaak:
- Jou sluitings bankbalans is moontlik foutief op die “Rekonsilieer bankrekening” (Kontant / Bank op die Verstek-duimgids) skerms ingesleutel.
- Foutiewe datum is in die “Sluit items in tot” veld op die “Rekonsilieer bankrekening” (Kontant / Bank op die Verstek-duimgids) skerms ingesleutel.
- Foute in postering - dit behoort reeds in die prosessering van joernale opgespoor en reggestel te gewees het (alvorens jy die joernale geposteer het).
Indien jy steeds nie die fout so kan opspoor nie, moet jy in sommige gevalle na jou kasboek terugkeer en die brondokumente of bankstate met jou inskrywings koppel om te verseker dat jy die transaksies korrek ingevoer het. Jy kon ook moontlik ‘n bedrag as 64,00 in plaas van 46,00 ingesleutel het.
Jy kan moontlik die volgende verslae (vir die periode(s)) druk om die verskille vas te pen:
- Joernaaltransaksies per periode verslag (Verslae-duimgids Verslae → Joernale) vir dié bankrekening se betalings- en ontvangstejoernale.
- Geposteerde joernaaltipe verslag vir dié bankrekening se betalings- en ontvangstejoernale. (Verstek → Joernale – Geposteerde joernale-oortjie). Kies die korrekte joernale en dubbel-kliek daarop. Jy kan dan op die Druk knoppie kliek om 'n verslag te druk.
- Transaksieverslae – Kies die bankrekening en periodes om 'n lys van die transaksies te sien (Verslae-duimgids Verslae → Grootboek → Transaksies).
- T-Rekeninge – Jy kan T-Rekeninge inisieer en die transaksies vir die spesifieke bankrekening ontleed, filter en druk. (Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder).