Hierdie opsie sal 'n voorraaditem-skerm oopmaak met die nodige data van 'n geselekteerde voorraaditem. Voordat jy die nuwe voorraaditem met die gekopieerde data kan skep, moet jy ten minste 'n voorraadkode insleutel en dit stoor. Jy kan die opsies vir die leë velde invoer en/of kies, soos nodig. Indien nodig kan jy ook enige van die gekopieerde data wysig of verander. 

Die data wat vanaf 'n geselekteerde voorraaditem gekopieer sal word, sal afhang van die voorraaditem tipe. 

Om 'n nuwe voorraaditem te skep - Kopieer vanaf item: 

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Voorraaditems (F12). 
  2. Kies die voorraaditem uit die lys. 
  3. Maak absoluut seker dat dit die regte voorraaditem gekies is wat jy wil gekopieer. 

Om meer besonderhede van die geselekteerde voorraaditem te sien, kan jy: 

  • Klik op die Redigeer-knoppie - of dubbelklik op die geselekteerde voorraaditem. 
  • Gebruik die horisontale rolbalk om die data van die geselekteerde voorraaditems in kolomme te sien. 
  1. Klik op die Kopieer vanaf item-knoppie. 

 Jy kan met die regs-kliek en die Kopieer → Voorraaditem in die konteks-kieslys kies. 

Die Voorraaditem-skerm met basies al die data van die geselekteerde Voorraaditem-skerm sal soos volg vertoon word: 

  1. Sleutel die nuwe voorraadkode in. 
  2. Voer die nodige besonderhede in die velde in, soos vereis. Jy kan ook die gekopieerde data wysig, waar nodig. 
  3. Klik op die Stoor-knoppie om hierdie voorraaditem te stoor. 

Dit kopieer die volgende velde: 

  • Voorraad beskrywing
  • Stepieskode
  • Vervaardiger 
  • Tipe (Jy behoort die voorraaditem tipe te kies)
  • Eenheid 
  • Ekstra beskrywing
  • Pas faktuurkorting toe (merk)
  • Verwagte hoeveeheid (waades sal op 0 (nul) gestel wees) 
  • Voorraadgroep1 
  • Voorraadgroep 2  
  • Voorkeurverskaffer 1 rekening en voorraadkode
  • Voorkeurverskaffer 2 rekening en voorraadkode
  • Grootboek 
    • Rekeningklas - Inset-BTW rekening / Uitset-BTW rekening / Verkoperekening / Koste van Verkope rekening / Voorraadkontrole rekening
    • Gewig (Netto en Bruto)     
    • Verkooppryse 1/2/3 
    • Nuutste koste 
    • Herbestelvlak 
    • Herbestel by 
    • Minimum 

Wat nie kopieer word nie: 

  • Voorraadkode 
  • Grootboek 
    • Gemiddelde koste 
    • Totale koste 
    • Hoeveelheid voorhande 
    • Laaste faktuur 
  • Dokumentgroepe 
  • Transaksies 
  • Beeld (kopieer nie die korrekte beeld nie, maar die verstek-beeld) 
  • Multigroep 
  • Beskrywings (Taal) (kopieer die groepe, maar nie die beskrywings en die teks nie).