Kwotasies - Verkope (Verslae-kieslys)
Verkope - Kwotasies per periode verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkooppryse, Kospryse, wins of Verlies en die Wins/Verlies persentasie, vir die items.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde kwotasies in. Onbevestigde kwotasies is NIE in die verslag ingesluit nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek bygewerk is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Kwotasies per periode opsies
Om 'n kwotasies per periode verslag te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkope → Kwotasies → Verkope.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Kwotasies per periode
'n Voorbeeld van die "Verkope - Kwotasies per periode" verslag, is soos volg:

