Druk enkel item - Voorraaditemlys
Voorraaditemlys
Die "Voorraaditemlys" verslag sal die voorraad kode, voorraad beskrywing, hoeveelheid voorhande, die eenheid beskrywing en die totale waarde vir elke voorraaditem lys.
Alle aktiewe (geaktiveerde) voorraaditems sowel as onaktiewe (gedeaktiveerde) voorraaditems sal gelys word.
|
|
Jy kan die "Voorraaditemlys" verslag op die Verslae → Voorraad → Voorraaditemlys kieslys (Verslae-duimgids) druk. Jy kan 'n spesifieke voorraaditem of 'n reeks voorraaditems kies. Jy kan ook kies om slegs items wat aan spesifieke voorraadgroepe vir Voorraadgroep 1 gekoppel is, druk. |
Voorraaditemlys opsies

Druk enkel item (konteks-kieslys)
Die "Print single item" op die konteks-kieslys, sal dié verslag direk na die verstek-drukker stuur en nie na die "Reportman-besigtiging" skerm nie.
In hierdie voorbeeld, is die stelsel se verstek-drukker ingestel op "Microsoft print to PDF" waar jy 'n lêernaam moet invoer om die verslag as "PDF Document (*pdf)" lêertipe te stoor op die "Save Print Output As" skerm.

Verslag knoppie
Die Verslag knoppie sal die verslag vir alle voorraaditems druk.

